Welkom by Every Nation Mosselbaai

AFRIKAANSE DIENS: 08H30

ENGELSE DIENS: 10:15 (SLUIT REEDS OM 10:00 BY ONS AAN VIR KOFFIE)

Sondagoggende by Milkwood Primêr, hoek van Marsh- & Muirstraat.

 

Geniet aanbidding en gemeenskap saam met ons!

Jy sal ontdek dat ons ‘n gemeenskap is van mense uit baie verskillende agtergronde wat verenig is vir een doel – om God te ken & lief te hê en Sy doelwitte in ons generasie te vervul.

Volg ons op sosiale media

Bly op hoogte van al ons dienste, opkomende geleenthede en jongste nuus
@everynationmosselbaai

Sondag aanbidding & samesyn

Afrikaanse diens: 08:30

Engelse diens: 10:15 (sluit reeds om 10:00 by ons aan vir koffie)

By Milkwood Primêr, hoek van Marsh- & Muirstraat

Kry aanwysings…

Kerklewe

Every Nation bestaan om God te eer & Christus-gesentreerde, Gees-vervulde, sosiaal-verantwoordelike kerke & kampusbedieninge in elke nasie te vestig.

Kinderkerk

Ons doel is om kinders te help om Jesus op ‘n persoonlike manier te ontmoet sodat hulle sal grootword met Sy leringe stewig in hul harte ingeplant. Eer God & maak dissipels.

Jeug

Ons jeuggroep kan beskryf word as ‘n omgewing van groot lewenskrag & vriendskap waar jongmense in aanraking kom met ‘n wonderlike God!

Connect Groepe

Connect-groepe is die lewensaar van ons kerk & die beste omgewing vir mense om mekaar in ‘n Bybelse gemeenskap lief te hê & dissipels te maak.

Gebed

Ons identifiseer die behoeftes van die lede & bid die woord van ons Here Jesus Christus oor elke situasie. Dit is belangrik om ons gemeente onder die beskerming van gebed te hou.

Berading

Ons wil saam met gelowiges op ‘n reis gaan om hulle te help om op ‘n plek te kom waar hulle heelheid vind deur die krag & leiding van die Heilige Gees.

Tabitha Ministries

Die Bybel sê: “Wat julle ook al aan die geringstes van hierdie mense doen, doen julle aan My.” Die vreugde wat ervaar word wanneer mense klere, skoene & kos ontvang, is oorweldigend.

Lidmaatskap

Ons glo dat God se primêre manier om Sy Koninkryk uit te brei, deur die plaaslike kerk is. God het ‘n doel met ons lewens & het ons geroep om saam met ander te wandel.

oor ons

“Om Christus-gesentreerde, Gees-vervulde, Sosiaal-verantwoordelike Kerke & Kampusbedieninge in Elke Nasie te vestig.”

Kerklewe

Wil jy graag meer betrokke raak?
Blaai deur die areas van die kerklewe om te sien hoe jy en jou gesin saam met ons kerkgemeenskap kan groei.